HIERDIE MAAK SAAK
Daar is 177 kinders wat tans by SAVF Belfast Kinderhuis hul tuiste vind. Hierdie kinders is slagoffers van volwassenes se keuses en leefstyle.
Die kinderhuis is in ‘n tragiese toestand. SAFV Belfast ontvang nie meer staatsubsidie vir ‘n geruime tyd nie. Kerke in die omliggende gebied het tot destyds ingespring en die kinderhuis ondersteun tot hulle vermoëns. Daardie ondersteuning het ook onttrek weens die kerke se eie finansiële tekortkominge. Tans is SAFV se enigste inkomste bekom deur donasies. Hierdie geld word gebruik vir kos en die personeel se salarisse. Die behoefte is strukturele herstel tot basiese benodighede vir die kinders se behoefte .
3 JUNIE 2023
DAG SE GEBEURE
VERF
Ons het ‘n behoefte lys wat gereeld opgedateer word soos ons insamelings vorder. Raak deel van ons WhatsApp groep om die behoeftelys te ontvang of volg die skakel hieronder.
SKOONMAAK
Die kinderhuis word gereeld skoon gemaak, maar nie deeglik nie. Ons wil graag die plek vir hulle skoon skrop om seker te maak die kinders woon ñ skoon omgewing.
AKTIWITEITE
Die dag gaan gevul wees met klomp betekenisvolle aktiwiteite vir die kinders. Die doel is nie net om hulle omgewing bietjie beter te maak nie, maar om harte aan te raak.