‘N KERK WAAR

SELFS NIE-KERK MENSE KAN VEILIG VOEL

TYD

Elke Sondagoggend om 08:30. Daar is iets te drink voor en na die diens so kom kuier gerus saam.

PLEK

CURRO Nelspruit se skoolsaal. Volg die skakel hieronder.

Google Maps

WAT KAN JY VERWAG

Ons Diensaanslag

Wat jy sien is wat jy kry

GEVOEL VAN DIENS

Opregtheid en vriendelikheid is wat jy sal beleef by ons. Ons is onperfekte mense wat ‘n perfekte God liefhet. Ons aanslag sal iets wees tussen die Pinkster en Driesuster kerke.

Relevant & Eenvoudig

PREDIKING

Boodskappe is prakties, relevant, aktief en lewendig. Gebasseer op God se Woord en gedoen op so ‘n manier wat jou sal op bou. Lekker kos vir jou siel.

Kom Soos Jy Is

AANBIDDING

Liedjiekeuses sal gekenmerk word deur iets nuut, iets oud, iets geleen en word gedoen op ‘n manier wat jou sal lei om God opreg te beleef. Daar word hoofsaaklik Afrikaanse liedjies gesing.

Is Dit Vreemd

GAWES VAN DIE GEES

Ons glo in die gawes van die Heilige Gees. Ons gebruik dit sinvol deur mekaar op te bou. Nie om geestelike manipulasie of intimidasie toe te pas nie. Die grootste gawe bly tog liefde.

Hart bo Hare

KLEREDRAG

Ons glo in opregtheid. Daarom kan jy kom soos jy gemaklik is. As jy graag wil moeite doen, maak die verwagting in jou hart gereed om die Here te kan beleef.

156 skape, 157 skape…

TYDSDUUR

Ons respekteer jou tyd. Die dienste duur op die langste 75min, maar is gewoonlik binne 60min klaar. Ons kuier voor en na die dienste rondom ‘n gratis koppie koffie. En ja… ons drink goeie koffie 🙂

Is Ek Welkom

SPESIALE BEHOEFTES

Almal is natuurlik welkom. Ons wil almal soveel as moontlik akkommodeer. Van rystoel tot blindes verstaan ons almal se behoeftes verskil. Maak kontak met ons en bespreek jou behoefte. Ons help graag.

Kinders by Dosyne

MOEDERSKAMER

Daar is ‘n babakamer ingerig waarin jy ons diens kan beleef terwyl jou kind ook lekker kan speel. Daar is ook ‘n spesiale plek vir borsvoeding. Doeke word wel in die badkamer geruil.

Dienste vir Kinders

INVLOED KIDS & TIENERS

Vir al die kinders 3-12 jaar is daar ‘n spesiale diens tydens ons erediens. Vir al die tieners word ook geakkomodeer tydens ons erediens deur ons preke so aan te bied dat selfs tieners aanklank vind daarby. Daar is wel ‘n kleingroep vir tieners. Vir meer inligting volg die Invloed Kids skakel onderaan.

KRY ‘N GEVOEL VAN ONS DIENSTE

VOOR JY BESOEK

Sien hier ons preekreekse. Kyk gerus na een van ons dienste.