Ons besef mense wat opsoek is na ‘n eerste of nuwe geestelike tuiste het klomp vrae oor die kerk instansie waarby hulle wil besoek of betrokke raak. Vind hieronder ons hoofoortuigings wat as fondasie dien vir alle ander oortuigings. Ons beloof nie om ‘n gemeente te wees wat perfek is nie, maar eerder een wat streef om meer soos Jesus te wees. Jy sal foute vind in ons kerk, want ons bestaan uit foutiewe mense opsoek na ‘n belewenis met die foutlose God. Indien jy meer spesifieke vrae het oor ons oortuigings is jy meer as welkom om ons te kontak. Jou vrae sal hartlik verwelkom word.

– DRIE EENHEID

God het nog altyd in ‘n verhouding met Homself gestaan. Hy bestaan as drie wesens; God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Alhoewel al drie verskillende funksies verrig word dit in ‘n intieme en onbreekbare eenheid gedoen.

Jesaja 61:1
Matteus 28:19
Markus 1:9-11
Johannes 5:21-23
Romeine 8:9-11
1 Korintiërs 8:6
2 Korintiërs 13:14

– DIE VADER

God is goed. Hy is almagtig, alwetend, alomteenwoordig, onveranderlik, tenvolle waardig van ons vertroue en bo alles Heilig. Dit is in Hom wat ons behoort, beweeg en bestaan. Hy is ons getroue Vader vol genade en deernis.

Psalm 103:13
Matteus 6:6
Matteus 6:26
Johannes 14:2
Romeine 8:31-34
Fillipense 4:20
Jakobus 1:17
1 Johannes 3:1

– DIE SEUN

Jesus Christus is tenvolle mens, maar terselfdetyd tenvolle God. Hy is die enigste manier hoe mense vêr van God in ‘n perfekte verhouding met Hom kan tree. I.a.w. Jesus is die enigste manier om gered te word. Jesus het ‘n perfekte lewe gelei as mens sodat Hy die perfekte offer kan wees om ons sondeskuld te betaal. In Jesus se dood en opstanding het Hy sonde en dood oorwin. Dit bring nuwe hoop, ewige lewe en reddende oorwinning vir elkeen wat in Hom glo.

Jesaja 7:14 & 53
Evangelie van Matteus
Evangelie van Markus
Evangelie van Lukas
Evangelie van Johannes
Fillipense 2:5-11

– DIE HEILIGE GEES

Die Heilige Gees se teenwoordigheid bevestig ons verhouding met Christus. Hy lei elke gelowige in alle waarheid, troos God se kinders, is die Raadgewer, verheerlik Christus, oortuig mense van hul sonde, Hy konfronteer ons, gee ons geestelike gawes en maak ons meer soos Christus. Ons ontvang die Heilige Gees met wedergeboorte.

Genesis 1:2
Psalm 51:10-14
Lukas 11:13
Johannes 15:26
Romeine 8
Handelinge 1:8 & 2:1-4
1 Korintiërs 12-14

– DIE KERK

Die kerk is die lokale gemeenskap van gedoopte gelowiges vereenig deur hulle geloof in Jesus. Kerk is toegewyd aan die lering van Jesus en gehoorsaam al Sy opdragte. Die kerk is die hoop vir wêreld en bring die hoop deur die Evangelie te leer en leef. Die kerk is die mees diverse eenheid en dit hou die rekord van die langste beweging van alle tye.

Matteus 16:18-19
Handelinge 2:41-47
1 Korintiërs 12
Handelinge 2:41-47
Efesiërs 1:22-23
Openbaring 21:2-3

– DIE BYBEL

Die Bybel is God se Woord aan alle mense. Dit was geskryf deur mense onder die bonatuurlike Invloed en leiding van die Heilige Gees. Dit is geïnspireer deur God daarom is die Bybel vol absolute waarheid relevant tot ons daaglikse lewe.

Deuteronomium 4:1
Psalm 119
Matteus 22:29
Romeine 15:4
1 Timoteus 3:15-17
1 Petrus 1:25
2 Petrus 3:16

– REDDING & DOOP

Die bloed van Jesus gegee aan die kruis is die enigste weg na vergifnis van sonde. Redding gebeur wanneer mense hulle geloof in die dood en opstanding van Jesus plaas as die voldoende betaling vir hulle sonde. Die doop onder die water is die fisiese beleidenis van innerlike belewenis. Die Redding is gratis en niemand kan dit verdien deur hulle eie pogings nie.

Jesaja 1:18
Matteus 28:16-20
Handelinge 16:31-34
Romeine 1:16-17
1 Korintiërs 1:18
Galasiërs 2:20-21
Efesiërs 2:8-10

– DIE EWIGE LEWE

Die mensdom is gemaak om vir ewig te lewe. Ons sal die ewigheid of saam met God spandeer of totaal verwyderd van Hom afhangende van elkeen se geloof in Jesus. Om vir ewig verwyderd te wees van God is Hel. Om saam met Hom in ewigheid te wees is Hemel. Daarom is hemel en hel die enigste twee ewigheidsbestemmings.

Johannes 3:16
Johannes 3:36
Romeine 6:23
2 Korintiërs 5:10
1 Johannes 2:25
1 Johannes 5:11-12
Openbaring 20:15

– DIE MENS

Die mens is gemaak is die beeld van God en is die kroon van Sy skepping. Mens was gemaak om gemeenskap met God te geniet, maar sonde het veroorsaak dat mens van God af skei. Die russeltaat hiervan is dat mens nie ‘n verhouding met God kan beleef soos voorheen op grond van eie meriete nie, dit is net Jesus wat dit kan bewerkstellig. Elke persoon is uniek geskape en is ook geroep tot ‘n unieke taak in die Koninkryk van God. Elke persoon, gelowig of nie, is waardig om opreg lief te hê, omdat Christus almal tot die dood toe liefgehad het.

Genesis 1:26-30
Psalm 8:3-6
Romeine 1:19-32
Romeine 15:4
Efesiërs 2
Kolossense 1:21-22
Kolossense 3:9-11