TWEE ONVERGEETLIKE GELEENTHEDE SAAM MET

JO BLACK

OPTREDE

LIVE

3 FEB 2024 |19:00

VIND MEER UIT
KOOP KAARTJIES

ONDERHOUD

EKSkLUSIEF

4 FEB 2024 |8:30

VIND MEER UIT
GRATIS INGANG

Hierdie aand sal gevul wees met alles wat Jo Black en sy band kan bied. Briljante musiek, stories wat jou laat lag en ‘n aand wat jou meer ge├»nspireerd laat dink oor jou lewe. Jo en sy hele band gaan ons die aand vermaak. Daar sal kosstalletjies en verskeie versnaperinge beskikbaar wees, met kaart- en kontantfasiliteite.

Maak seker julle bespreek julle sitplek so gou as moontlik, daar is net ‘n beperkte hoeveelheid beskikbaar. Kostes beloop R100p/p per stoel. 4 jariges en jonger se toegang is gratis mits hulle op jou skoot sit. Daar is ook ‘n spesiale peuter area waar besige lyfies geneem kan word en jy nogsteeds die Jo en sy band kan geniet.

Die aand vind plaas in Curro Nelspruit se saal. Deure maak 18:30 oop en die konsert begin om 19:00.
Moenie hierdie onvergeetlike aand misloop nie.

KOOP KAARTJIES

Jo Black Eksklusief, ‘n unieke onderhoud, gebeur Sondagoggend by Curro Nelspruit om 8:30. Kom ontmoet die Jo wat die media weerhou, en ook die een wat God van hou. Hoe het Jo Black van een hoogte na die volgende gegaan? Hoe het hy geloof behou toe sy lewe uitmekaar tuimel? Hoe het hy die guns van God bekom? Jo gaan van sy ongehoorde stories deel. Jy sal hoor hy is net mens, ‘n mens wat God se guns dra. Kom hoor en ervaar hoe jy dieselfde guns in jou lewe kan sien.

Daar is ook ‘n gaskunstenaar, Wouter “Ghost” de Witt, wat by die kinders ‘n onvergeetlike ervaring gaan skep.

Hierdie is ‘n geleentheid waar die hele familie saam God kan beleef. Die ingang is gratis en daar is geen bespreking nodig nie. Dit vind plaas by Curro Nelspruit, The Rest Estate.

SIEN LIGGING