Project Description

Kliek op die video om die stel lof- en aanbiddingsliedjies te laat speel.

Dubbel kliek op die video om dit volskerm te laat wys. Die eerste liedjie is om julle litte lekker los te kry en op te warm vir die aanbidding. GENIET DIT!

LIEWE OUER, geniet gerus die volgende les saam met jou kind.

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Week 7

Week 8

Week 9

Week 10

Neem nou die tyd om af te sluit en saam met jou kind te bid. Hieronder is ‘n gebed wat julle saam kan bid:

“Jesus, dankie dat niks onmoontlik is vir U nie! Ek wil dit vir die res van my lewe glo. Ek is lief vir U. In Jesus se naam, amen. “

Alle eksperimente moet onder ouertoesig plaasvind. Trek altyd die nodige veiligheidsklere aan.

.

Materiale:

Skinkbord

5 Glase

1 Kers

Vuurhoutjies

1 A4 Papier

Water

Metode:

Maak die papier nat en vou in twee keer in die helfde.

Plaas die papier in die middel van die skinkbord.

Plaas vier glase met of sonder water in, in die hoeke van die skinkbord.

Sit die kersie op die gevoude papier en steek aan.

Wanneer die vlam hoog brand, plaas die vyfde glas onderstebo oor die kers.

Druk baie hard af op die glas.

Wanneer die kers se vlam doodgaan, het ‘n vakuum gevorm en kan jy die hele skinkbord oplig deur die onderstebo glas op te tel!

NS. Ek het nie vreeslik baie guts nie, so kan nie sê hoe hoog of hoe lank mens dit so kan oplig nie?! 🙂

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:

100ml 30% Waterstofperoksied (beskikbaar by apteke)

200ml water

groot blerts skottelgoedseep (5-7ml) soos Sunlight Liquid

4 eetlepels gis (beskikbaar in die bakafdeling in kruidenierswinkels)

12 eetlepels warm water vir aktivering van gis (nie kokend nie)

Maatbeker

Voedselkleursel

500ml waterbottel (of enige houer om eksperiment in te doen) (pas hoeveelhede aan na gelang van grootte van die houer wat julle kies)

Skinkbord of groot houer om skuim op te vang

Metode:

Meng waterstofperoksied met 200ml water in ‘n

Voeg groot blerts skottelgoedseep by en roer versigtig deur bottel liggies te in die rondte te draai.

Gooi kleursel in die bottel (jy kan dit ook binne in die bottel langs die kant af laat loop en selfs verskillende kleure gebruik om strepe te laat vorm soos tandepasta).

Gooi gis in ‘n maatbeker en voeg 12 eetlepels warm water by.

Roer die gis tot dit mooi egalig en glad is.

Voeg nou die gis by die waterstofperoksied in die bottel.

Staan dadelik terug en geniet!

NS. Houers met verskillende openinge sal verskillende resultate gee. ‘n Houer met ‘n nou opening soos ‘n waterbottel, sal die reaksie meer indrukwekkend maak omdat die skuim meer gaan uitskiet!

NNS. Ek het gevind dat die eksperiment beter werk wanneer die waterstofperoksied-water-seep oplossing oornag gestaan het.

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:

Skinkbord

5 Glase

1 Kers

Vuurhoutjies

1 A4 Papier

Water

Metode:

Maak die papier nat en vou in twee keer in die helfde.

Plaas die papier in die middel van die skinkbord.

Plaas vier glase met of sonder water in, in die hoeke van die skinkbord.

Sit die kersie op die gevoude papier en steek aan.

Wanneer die vlam hoog brand, plaas die vyfde glas onderstebo oor die kers.

Druk baie hard af op die glas.

Wanneer die kers se vlam doodgaan, het ‘n vakuum gevorm en kan jy die hele skinkbord oplig deur die onderstebo glas op te tel!

NS. Ek het nie vreeslik baie guts nie, so kan nie sê hoe hoog of hoe lank mens dit so kan oplig nie?! 🙂

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:

  • Enige houer glas/plastiek. Dit moet net groot genoeg wees om mooi die effek van die peper te kan waarneem
  • Peper (fyn swartpeper)
  • Water
  • Sunlight Liquid

Metode:

  1. Gooi water in die houer tot dit ten minste halfvol is.
  2. Strooi peper oor die hele oppervlak van die water.
  3. Druk ‘n skoon vinger in die water (neem waar dat niks regtig gebeur nie).
  4. Druk nou ‘n vinger in die Sunlight Liquid en druk dan dieselfde vinger in die water.
  5. Kyk hoe skiet die peper weg van jou vinger.

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:

  • Enige houer glas/plastiek.
  • 500ml Maizina (Of enige corn flour)
  • 250 ml Water
  • Lepel om mee te meng

Metode:

  1. Gooi Maizina in die bak.
  2. . Voeg water baie stadig, bietjie vir bietjie bly terwyl jy dit roer en inmeng.
  3. Meng die mengsel so goed as moontlik.

Ek het gevind wanneer al die water in is, werk dit lekker om met ‘n gewone lepel deur die mengsel te ‘sny’ wanneer dit so hard en moeilik word om te roer!

Geniet nou die abnormale vloeistof! Lekker speel ☺

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:

  • 3 deursigtige glase / bottels
  • JIK
  • Water
  • Jodium (Iodine in Engels – beskikbaar by apteke)

Metode:

  1. Gooi glas nommer 1 amper vol water.
  2. Gooi glas nommer 2 tot op dieselfde vlak vol JIK
  3. Gooi glas nommer 3 tot op dieselfde vlak vol water en gooi ‘n hele paar druppels jodium om dit donker te laat verkleur.
  4. Gooi nou bietjie van die jodium-oplossing in glas nommer een wat net water in het. Net genoeg om mooi die kleurverskil te sien.
  5. Gooi nou uit glas nommer 2 JIK in dieselfde glas tot die donker kleur heeltemal verdwyn.
  6. Gooi nou van die oorblywende jodium uit glas nommer drie in die JIK glas (nommer 2) en kyk hoe verdwyn die kleur soos dit inval.

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Hierdie eksperiment mag slegs onder streng ouertoesig gedoen word. Sterk chemikalië word hier gebruik, daarom is ‘n masker, handskoene en beskermende klere noodsaaklik.

Materiale:

Vir slegs die suikerblokkies:

  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel water
  • vormbakkie (ysbakkie of enige ander vorm mould)
  • voedselkleursel (opsioneel)

Vir die volle eksperiment:

  • 50ml swaelwuur
  • foeliebakkie of skinkbord met ‘n paar lae foelie oorgetrek
  • 100g koeksoda

Metode:

  1. Meng die suiker en water tot dit soos klam sand voel. ‘n Paar druppels voedselkleursel kan bygevoeg word om dit te kleur, indien die suikerblokkies alleen gemaak word en nie vir die eksperiment nie.
  2. Skep die mengsel in die ysbakkie en druk dit lekker styf in. Krap dit mooi gelyk en vee oortollige suiker af.
  3. Sit dit eenkant en gee kans om hard en droog te word. (Myne het omtrent 3ure in die son gestaan.)
  4. Haal die suikerblokkies versigtig uit die ysblokkiebakkie.

Vir die volle eksperiment:

  1. Plaas 4-5 blokkies bo op mekaar in ‘n piramide op die foelie.
  2. Hou die koeksoda byderhand om op enige swaelsuur te gooi wat per ongeluk op die verkeerde plek drup (alles wat nie op die suiker drup nie).
  3. Drup die suur versigtig op die suikerblokkies sodat almal deurdrenk raak van die suur.
  4. Wag nou en kyk hoe die reaksie plaasvind!

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:
  • Glasbakkie met plat bodem
  • Polistireen koppie(s)
  • Acetone (dit is die hoof bestanddeel in naellakverwyderaar (Cutex remover), so ek weet nie of dit so effektief sal wees soos suiwer acetone nie, maar dalk die moeite werd om te probeer as jy nie acetone in die hande kan kry nie??)

Metode:

  1. Gooi genoeg acetone in die bakkie om so 2-3cm vol te maak van onder af.
  2. Sit die koppie in en balanseer dit net terwyl die acetone sy ding doen!
  3. Oppas om nie jou naels daarin te druk as jou naels geverf is nie ☺

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:
  • Twee glase
  • Voedselkleursel (3 kleure)
  • Water
  • Suiker
  • 6 glase/houertjies om elke kleur in aan te maak
  • Maatbeker
  • Maatlepels

Metode:

  1. Gooi 200ml koue water 3 van die glase
  2. Gooi nou ‘n paar druppels kleursel in elke glas
  3. Gooi 200ml kookwater in die ander 3 glase
  4. Voeg ‘n paar druppels kleursel in elke glas
  5. Gooi nou 7 eetlepels suiker by die kleur wat jy heel onder wil hê en roer tot alles opgelos is.
  6. Gooi 4 eetlepes suiker by die kleur wat jy in die middel wil hê en roer tot alles opgelos is.
  7. Geen suiker word in die kleur gegooi wat jy heel bo wil hê nie.
  8. Laat die oplossings nou afkoel.
  9. In een van die leë glase, begin om die gekleurde water bymekaar te gooi om te sien hoe alles meng.
  10. In die tweede leë glas, begin met die kleur wat die meeste suiker in het.
  11. Gooi dan baie versigtig en stadig die kleur wat tweede meeste suiker in het bo-op die eerste kleur.
  12. Gooi heel laaste die kleur sonder suiker heel bo.
  13. ‘n Spuit kan gebruik word vir bogenoemde stappe om dit so versigtig moontlik te drup.
  14. Geniet die reënboog in ‘n glas!

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Materiale:
  • 3 polistireen koppies
  • 1 glas met 20ml water
  • Sponsie
  • Alternatiewelik: absorbant polymers

Metode:

  1. Sny vooraf jou sponsie om in die bodem van een van die koppies te pas. Dit moet lekker styf sit en ekstra stukkies wat jy afgesny het kan in die gapings gesit word om enige gaatjies toe te maak.
  2. Gooi nou water in een van die ander twee koppies sonder die sponsie.
  3. Skommel hulle rond en raai dan waar die koppie met die water in is.
  4. Gooi die water oor in die tweede glasie sonder die sponsie. Herhaal die speletjie.
  5. Gooi die water laaste in die koppie met die sponsie/absorbant polymers. Maak seker al die water word opgesuig, anders gaan ‘n paar druppels uitloop wanneer jy die koppie omkeer.
  6. Herhaal die speletjie en verras almal met jou verdwynende water toertjie!

Onthou om die les wat ons uit hierdie eksperiment geleer het, weer te vertel vir iemand wat nog nie die eksperiment gesien het nie!

Kies die preekreeks waarna jy volgende wil kyk.