Project Description

LIEWE OUER, die reeks sal jou kinders help om nie te vrees in ‘n tyd soos hierdie nie. Die boodskap word voorafgegaan met ‘n eksperiment-aktiwiteit. Doen dit gerus weer later saam met jou kind. Geniet die boodskap.

Week 1

Week 2

Neem nou die tyd om af te sluit en saam met jou kind te bid. Hieronder is ‘n gebed wat julle saam kan bid:

“Here Jesus, dankie dat ek nou kan weet dat vrees nie deel is van my nie. Dankie God dat U my gemaak het en vir my krag en liefde en selfbeheersing gee. Hierdie week gaan ons sê BOG! met vrees en kies om lewe te geniet. In U naam alleen, Amen.”

Nota aan ouer: herhaling is een van die effektiefste maniere om iets vas te lê. Herhaal vandag se praktiese stappe uit die les om jou kind te help onthou hoe om te sê “BOG! met Bangwees!” wanneer vrees hulle beetpak.

Doen sommer die bewegings ook saam met jou kind, dit help hulle geweldig baie om te onthou.

Kyk saam na ‘n kortfim met ‘n goeie boodskap oor vrees.

Kies die preekreeks waarna jy volgende wil kyk.