ONS SKEP VEILIGE SPASIES WAARIN JY GOD KAN BELEEF, VOEL JY BEHOORT EN JOU WêRELD KAN BEïNVLOED

Beleef, Behoort, Beïnvloed. Die drie woorde definieer elke gelowige se reis saam met God. ‘n Verhouding met God begin met ‘n belewenis saam met Hom. Dit is dan van groot belang om te besef dat jy moet inskakel tussen ander gelowiges waarby jy behoort. Dit is juis in die verhoudings waar God jou sal vorm, heilig maak en oprig in Sy liggaam om jou wêreld te begin beïnvloed.

Ons fokus om veilige spasies te skep waarin mense, ongeag hulle kerk agtergrond of die toestand van hulle lewens en verhoudings, kan kom om Jesus te beleef, voel hulle behoort en hulle wêreld kan beïnvloed.

Die drie woorde beleef, behoort en beïnvloed definieer elke gelowige se reis saam met God. ‘n Verhouding met God begin met ‘n belewenis saam met Hom. Dit is dan van groot belang om te besef dat jy moet inskakel tussen ander gelowiges waarby jy behoort. Dit is juis in die verhoudings waar God jou sal vorm, heilig maak en oprig in Sy liggaam om jou wêreld te begin beïnvloed.

Ons fokus om veilige spasies te skep waarin mense, ongeag hulle kerk agtergrond of die toestand van hulle lewens en verhoudings, kan kom om Jesus te beleef, voel hulle behoort en hulle wêreld kan beïnvloed.

BELEEF

BEHOORT BEINVLOED

God wil jou gebruik om die hemel voller te maak

Jesus het alles van Homself gegee sodat dié wat geestelik verlore, verdwaal of dood is ‘n kans kan kry om ‘n nuwe lewe te beleef.

1 Timoteus 2:4

Ons kies ‘n leefstyl waardeur ander mense God kan beleef

Om God te beleef gee jou geloof nie ‘n leefstyl nie. Om deel van ‘n groep te wees wat jou lief het en waar jy voel jy behoort skep ‘n leefstyl.

Matteus 5:16

God droom wyer as net tussen ons vier mure

Ons posisioneer onsself optimaal sodat God deur ons kan werk. Ons kies radikale gehoorsaamheid aan God, sodat ons radikale verandering kan sien in ons dorp.

Matteus 25:40

In die video sal jy hoor hoe ons droom om baie meer as net ‘n Sondagkerk te wees. Ons droom van ‘n gemeenskapsfasiliteit waar baie mense, gelowig of nie, die liefde van Jesus kan beleef, voel hulle behoort en hulle wêreld kan beïnvloed.

Die gemeenskapsentrum sal bestaan uit verskeie fasiliteite onder andere ‘n skool, dokters, plek vir gesinskuiers, bergfiets en draf roetes, visvang areas, opleidings ‘shelter’, ‘n kerk gebou, ens. Die droom se doel is dat elke fasiliteit ‘n spasie sal bied waarin die gemeenskap kan baat. Verhoudings met God en mense moet hier kan versterk. Gesinne moet beter af kan wees weens dit wat gebeur en aangebied word by die fasiliteit. Dokters kan teen goedkoper pryse huur betaal en pro bono werk bied vir behoeftiges in plek daarvan. In kort droom ons van ‘n gemeenskapsfasiliteit waar jy Jesus se liefde in lewende lywe kan beleef.

Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.” – Jesus [Johannes 13:35-36]